KULTUUR
STOKERS GILDE
MAMPOER, WITBLITS & LIKEUR OP SY BESTE!
VTM MAMPOER FEES & STOOK KAMPIOENSKAPPE.
28 Junie 2025

Sluit aan by die Kultuur Stokers Gilde. Word lid! Stook self! Sluit Aan
Deel in die kultuur van Mampoer, Witblits en Likeur
Die Mampoer Gilde beywer hom:
Om die tradisie van die stookkultuur vir die nageslag te bewaar,
Om die stook van kwaliteit drank in ‘n tradisionele ketel te bevorder en te bewaar, deur opleiding (stookkursusse en dies meer) en uitbreiding van kennis in hierdie verband,
Om gekoördineerde mening van sy lede oor alle aangeleenthede rakende die belange van die Mampoer & Witblits Kultuur Stokers Gilde aan die Regering en ander belanghebbendes voor te lê,
Om sy lede op hoogte te hou van sake wat hulle raak en te beywer vir die stelselmatige ontwikkeling van hierdie tradisionele kultuur.

Gewilde klasse by die jaarlikse Gilde byeenkoms
Mampoer
Witblits
Likeur
Tradisionele Medisyne

Likeur om te probeer
Lietsjie Likeur
Hierdie tropiese vruggie met sy delikate geur sorg vir n buitengewone smaaklike likeur.
Bestanddele:
- 500 g vars lietsjies
- 750 ml verouderde Mampoer
- 600 g (750ml) suiker
- 500 ml water
Houers:
- Steriliseer 1 lieter-bottel
- Bied 1,15 liete
Metode:
Verwyder die harde doppe en onpit die lietjies. Druk die lietjies effens fyn met n aartappeldrukker. Skep die lietjies in n wyenek-glashouer met n deksel. Gooi die verouderde mampoer / mampoer brandewyn by maak dig toe en laat trek vir 5 weke lank. Skud gereeld.
Syg die mengsel deur n fyn kaasdoek. Hou eenkant.
Meng die suiker en water in n swaarboomkastrol en roer tot die suiker opgelos het. Verhit tot kookpunt en kook 18 minute lank.
Haal die stroop van die stoof af en laat verkoel. Voeg die gegeurde mampoer brandewyn by die koue stroop.
Gooi die likeur in die droe, gesteriliseerde bottel, sit die prop op, verseel en etiketteer. Bere minstens 1 week voor jy dit voorsit en geniet!